Sahle-Work Zewde

Sahle-Work Zewde
Sahle-Work Zewde
Sahle-Work in 2020

President van Ethiopië
Ampsbekleër
Termynaanvang
25 Oktober 2018
Eerste minister Abiy Ahmed
Voorafgegaan deur Mulatu Teshome

Onder sekretaris-generaal, hoof van die Verenigde Nasies se kantoor by die Afrika-unie
Ampstermyn
27 Junie 2018 – 25 Oktober 2018
Voorafgegaan deur Haile Menkerios
Opgevolg deur Hanna Tetteh

Direkteur-generaal van die Verenigde Nasies se kantoor in Nairobi
Ampstermyn
2011 – 2018
Voorafgegaan deur Achim Steiner
Opgevolg deur Hanna Tetteh

Ambassadeur in Senegal met akkreditasie in Mali, Kaap Verde, Guinee-Bissau, Gambië en Guinee
Ampstermyn
1989 – 1993

Persoonlike besonderhede
Gebore 21 Februarie 1950 (1950-02-21)
Addis Abeba, Keiserryk Ethiopië
Politieke party Onafhanklik

Sahle-Work Zewde (Ge'ez: ሳህለወርቅ ዘውዴ; gebore op 21 Februarie 1950) is die huidige president van Ethiopië en die eerste vrou wat die amp beklee. Sy is van beroep 'n diplomaat en op 25 Oktober 2018 is sy eenparig tot president deur die lede van die Federale Parlementêre Vergadering verkies.[1]

Sahle-Work was voorheen spesiale verteenwoordiger van António Guterres, die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, by die Afrika-unie en hoof van die kantoor van die Verenigde Nasies by die Afrika-unie op die vlak van die ondersekretaris-generaal van die Verenigde Nasies.

In Desember 2020, het Amerikaanse saketydskrif Forbes, op sy jaarlikse uitgawe van die Forbes-lys van die wêreld se 100 magtigste vroue, Sahle-Work as die 93ste magtigste vrou ter wêreld aangewys; daarmee het sy die hoogste posisie in Afrika op die lys beklee.[2]

  1. "Ethiopia gets first female president". BBC. 25 Oktober 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2018. Besoek op 25 Oktober 2018.
  2. "The World's 100 Most Powerful Women". Forbes. Besoek op 24 Desember 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search